1 Kronieke 2
  • 1 Dit is die seuns van Israel: Ruben, Símeon, Levi en Juda, Issaskar en Sébulon,
  • 2 Dan, Josef en Benjamin, Náftali, Gad en Aser.
  • 3 Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.
  • 4 En Tamar, sy skoondogter, het vir hom Peres en Serag gebaar. Al die seuns van Juda was vyf.
  • 5 Die seuns van Peres was Hesron en Hamul.
  • 6 En die seuns van Serag was: Simri en Etan en Heman en Kalkol en Dara; almal saam vyf.
  • 7 En die seuns van Karmi was: Agar, wat Israel in die ongeluk gestort het deurdat hy hom vergryp het aan die bangoed.
  • 8 En die seuns van Etan was Asárja.
  • 9 En die seuns van Hesron wat vir hom gebore is, was Jerágmeël en Ram en Kelúbai.
  • 10 En Ram was die vader van Ammínadab, en Ammínadab van Nagson, die vors van die kinders van Juda.
  • 11 En Nagson was die vader van Salma, en Salma van Boas;
  • 12 en Boas van Obed, en Obed van Isai;
  • 13 en Isai was die vader van Elíab, sy eersgeborene, en van Abinádab, die tweede, en Símea, die derde;
  • 14 van Netáneël, die vierde, van Ráddai, die vyfde,
  • 15 van Osem, die sesde, van Dawid, die sewende.
  • 16 En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.
  • 17 En Abígail het Amása gebaar; en die vader van Amása was Jeter, die Ismaeliet.
  • 18 En Kaleb, die seun van Hesron, het by sy vrou Asúba Jeríot verwek. En dit is haar seuns: Jeser en Sobab en Ardon.
  • 19 Toe Asúba gesterf het, het Kaleb vir hom Efrat geneem en sy het vir hom Hur gebaar.
  • 20 En Hur was die vader van Uri; en Uri van Besáleël.
  • 21 Daarna het Hesron gegaan na die dogter van Magir, die vader van Gílead; en hy het haar geneem toe hy sestig jaar oud was; en sy het vir hom Segub gebaar.
  • 22 En Segub was die vader van Jaïr, en hy het drie en twintig stede in die land Gílead gehad.
  • 23 En Gésur en Aram het die Jaïrsdorpe van hulle afgeneem, en Kenat met sy onderhorige plekke, sestig stede; hulle almal was seuns van Magir, die vader van Gílead.
  • 24 En ná die dood van Hesron in Kaleb-Éfrata het Abía, die vrou van Hesron, vir hom ook Asgur, die vader van Tekóa, gebaar.
  • 25 En die seuns van Jerágmeël, die eersgeborene van Hesron, was: die eersgeborene Ram; verder Buna en Oren en Osem uit Ahía.
  • 26 Jerágmeël het nog 'n ander vrou gehad met die naam van Atára; sy was die moeder van Onam.
  • 27 En die seuns van Ram, die eersgeborene van Jerágmeël, was Maäs en Jamin en Eker.
  • 28 En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.
  • 29 En die naam van die vrou van Abísur was Abíhail; en sy het vir hom Agban en Molid gebaar.
  • 30 En die seuns van Nadab was Seled en Appáim; en Seled het gesterwe sonder kinders.
  • 31 En die seuns van Appáim was Jíseï; en die seuns van Jíseï was Sesan; en die seuns van Sesan, Aglai.
  • 32 En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.
  • 33 En die seuns van Jónatan was Pelet en Sasa. Dit was die seuns van Jerágmeël.
  • 34 En Sesan het nie seuns gehad nie, net dogters; en Sesan het 'n Egiptiese dienaar gehad met die naam van Jarha;
  • 35 en Sesan het sy dogter aan sy dienaar Jarha as vrou gegee; en sy het vir hom Attai gebaar.
  • 36 En Attai was die vader van Natan, en Natan van Sabad;
  • 37 en Sabad van Eflal, en Eflal van Obed;
  • 38 en Obed van Jehu, en Jehu van Asárja;
  • 39 en Asárja van Heles, en Heles van Eleása;
  • 40 en Eleása van Sísemai, en Sísemai van Sallum;
  • 41 en Sallum van Jekámja, en Jekámja van Elisáma.
  • 42 En die seuns van Kaleb, die broer van Jerágmeël, was Mesa, sy eersgeborene--hy was die vader van Sif--en die seuns van Marésa, die vader van Hebron.
  • 43 En die seuns van Hebron was: Korag en Tappúag en Rekem en Sema.
  • 44 En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.
  • 45 En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-Sur.
  • 46 En Efa, die byvrou van Kaleb, het Haran en Mosa en Gases gebaar; en Haran was die vader van Gases.
  • 47 En die seuns van Jóhdai was: Regem en Jotam en Gesan en Pelet en Efa en Saäf.
  • 48 Die byvrou van Kaleb, Máäga, het Seber en Tírhana gebaar;
  • 49 en sy het Saäf gebaar, die vader van Madmánna, Sewa, die vader van Magbéna en die vader van Gíbea; en die dogter van Kaleb was Agsa.
  • 50 Dit was die seuns van Kaleb. Die seuns van Hur, die eersgeborene van Éfrata, was Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim,
  • 51 Salma, die vader van Betlehem, Haref, die vader van Bet-Gader.
  • 52 En die seuns van Sobal, die vader van Kirjat-Jeárim, was Hároë en die helfte van Menúgot.
  • 53 En die geslagte van Kirjat-Jeárim was: die Jitriete en Putiete en Sumatiete en die Misraïete; uit hulle het die Soreatiete en Estaoliete voortgekom.
  • 54 Die seuns van Salma was: Betlehem en die Netofatiete, Atrot-Bet-Joab en die helfte van die Managtiete, die Soreïete.
  • 55 En die geslagte van die skrywers wat in Jabes gewoon het: die Tireatiete, die Simeatiete, die Sugatiete; dit is die Keniete wat van Hammat, die vader van die huis van Regab, afkomstig is.