1 Kronieke 3
  • 1 Dit was die seuns van Dawid wat vir hom in Hebron gebore is: die eersgeborene Amnon, by Ahínoam, uit Jísreël; die tweede Daniël, by Abígail, uit Karmel;
  • 2 die derde Absalom, die seun van Máäga, die dogter van Tálmai, die koning van Gésur; die vierde Adónia, die seun van Haggit;
  • 3 die vyfde Sefátja, by Abítal; die sesde Jítream, by sy vrou Egla.
  • 4 Ses is vir hom in Hebron gebore waar hy sewe jaar en ses maande geregeer het; en drie en dertig jaar het hy in Jerusalem geregeer.
  • 5 En die volgende is vir hom in Jerusalem gebore: Símea en Sobab en Natan en Sálomo, vier by Bat-Sua, die dogter van Ammiël.
  • 6 Verder Jibhar en Elisáma en Elifélet
  • 7 en Noga en Nefeg, en Jáfia
  • 8 en Elisáma en Éljada en Elifélet, nege--
  • 9 almal seuns van Dawid, behalwe die seuns van die byvroue; en Tamar was hulle suster.
  • 10 En die seun van Salomo was Rehábeam; sy seun was Abía; sy seun was Asa; sy seun was Jósafat;
  • 11 sy seun was Joram; sy seun was Ahásia; sy seun was Joas;
  • 12 sy seun was Amásia; sy seun was Asárja; sy seun was Jotam;
  • 13 sy seun was Agas; sy seun was Hiskía; sy seun was Manasse;
  • 14 sy seun was Amon; sy seun was Josía.
  • 15 En die seuns van Josía was: die eersgeborene Jóhanan, die tweede Jójakim, die derde Sedekía, die vierde Sallum.
  • 16 En die seuns van Jójakim was: Jegónja, sy seun, Sedekía, sy seun.
  • 17 En die seuns van Jegónja was Assir; sy seun was Seáltiël;
  • 18 verder Malkíram en Pedája en Senassar, Jekámja, Hósama en Nedábja.
  • 19 En die seuns van Pedája was Serubbábel en Símeï; en die seuns van Serubbábel was: Mesúllam en Hanánja; en Sélomit was hulle suster;
  • 20 en Hásuba en Ohel en Berégja en Hasádja, Jusab-Hesed, vyf.
  • 21 En die seuns van Hanánja was Pelátja, sy seun was Jesaja, sy seun was Refája, sy seun was Arnan, sy seun was Obádja, sy seun was Segánja.
  • 22 En die seuns van Segánja was Semája; en die seuns van Semája was: Hattus en Jígeal en Baríag en Neárja en Safat, ses;
  • 23 en die seuns van Neárja was: Eljoënai en Hiskía en Asríkam, drie;
  • 24 en die seuns van Eljoënai was: Hodáwja en Eljásib en Pelája en Akkub en Jóhanan en Delája en Anáni, sewe.