Psalms 100
Afrikaans Die Heilige Bybel · 5 verses
- 1 'n Psalm. By die lofoffer. Juig voor die HERE, o ganse aarde!
- 2 Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.
- 3 Erken dat die HERE God is: Hy het ons gemaak, en ons is syne, sy volk en die skape van sy weide.
- 4 Gaan sy poorte in met lof, sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys sy Naam.
- 5 Want die HERE is goed; sy goedertierenheid is tot in ewigheid, en sy trou van geslag tot geslag.