Psalms 126
Afrikaans Die Heilige Bybel · 6 verses
- 1 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom.
- 2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
- 3 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly!
- 4 o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland.
- 5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.
- 6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.