Psalms 136
Afrikaans Die Heilige Bybel · 26 verses
- 1 Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 2 Loof die God van die gode, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 3 Loof die Here der here, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid-
- 4 Hy wat alleen groot wonders doen, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 5 Wat die hemele met verstand gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 6 Wat die aarde op die water uitgespan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 7 Wat die groot ligte gemaak het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 8 Die son om te heers oor die dag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 9 Die maan en sterre om te heers oor die nag, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 10 Wat die Egiptenaars getref het in hulle eersgeborenes, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 11 En Israel onder hulle uitgelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 12 Met 'n sterk hand en met 'n uitgestrekte arm, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 13 Wat die Skelfsee in stukke gesny het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 14 En Israel daar dwarsdeur laat gaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 15 En Farao saam met sy leër in die Skelfsee gestort het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 16 Wat sy volk deur die woestyn gelei het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 17 Wat groot konings verslaan het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 18 En geweldige konings gedood het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 19 Sihon, die koning van die Amoriete, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 20 En Og, die koning van Basan, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 21 En hulle land as erfdeel gegee het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 22 As erfdeel aan Israel, sy kneg, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 23 Wat in ons vernedering aan ons gedink het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 24 En ons van ons teëstanders losgeruk het, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 25 Wat voedsel gee aan alle vlees, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.
- 26 Loof die God van die hemel, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.