Psalms 124
Afrikaans Die Heilige Bybel · 8 verses
- 1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie- laat Israel dit sê-
- 2 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie,
- 3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het;
- 4 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan;
- 5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan.
- 6 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie!
- 7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak.
- 8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.