Psalms 122
Afrikaans Die Heilige Bybel · 9 verses
- 1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!
- 2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!
- 3 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,
- 4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE- 'n voorskrif vir Israel! - om die Naam van die HERE te loof.
- 5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.
- 6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!
- 7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!
- 8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!
- 9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.