Psalms 120
  • 1 'n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en Hy verhoor my.
  • 2 o HERE, red my siel van die valse lippe, van die bedrieglike tong!
  • 3 Wat sal Hy jou gee of wat vir jou daaraan toevoeg, o bedrieglike tong?
  • 4 Skerp pyle van 'n held saam met gloeiende kole van besembosse.
  • 5 Wee my dat ek as vreemdeling vertoef in Meseg, dat ek by die tente van Kedar woon!
  • 6 Te lank al woon my siel by die wat die vrede haat.
  • 7 Ek is vredeliewend; maar as ek spreek, is hulle op oorlog uit.