Psalms 3
Afrikaans Die Heilige Bybel · 9 verses
- 1 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.
- 2 o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.
- 3 Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.
- 4 Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.
- 5 Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.
- 6 Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.
- 7 Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.
- 8 Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
- 9 Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.